HEIDELBERG NUUS - Suid-Kaap Forum korrespondent op Heidelberg, Clive Pretorius berig dat Sabina Hartnick (54) en haar dogter, Annemarie Skietekat (31) van Heidelberg weer Vrydag, 30 Oktober in die Kaapse Hooggeregshof in ‘n tweede voorverhoor in ’n moordsaak verskyn.
Die twee beskuldigdes het na bewering ‘n bejaarde paar, George (Jors) Michaels (62) en sy vriendin, Elizabeth (Elie) Rudolph (64) in Michaels se huis in Diepkloof wreed vermoor.
Die moord is die nag van 15/16 Februarie 2019 gepleeg.
Lees vorige artikels hier:
- Ma en dogter vandag in die Kaapse Hooggeregshof
- Ma en dogter wag vir DNS-uitslae
- Ma en dogter weer in hof
- Ma en dogter weer in hof oor grumoord
- Moordsaak uitgestel
- Bejaarde-moord: Ma en dogter kom voor
- Twee bejaardes is koelbloedig vermoor
- Twee bejaardes vermoor
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'