HEIDELBERG NUUS - Heidelberg United Krieketklub het Saterdag 7 November hul 2026/27-seisoen met ’n wegwedstryd teen Mayflower Krieketklub van Grootbrakrivier afgeskop.
Dit is United se eerste seisoen in die Badgers SWD-krieket se Reserweliga nadat die span aan die einde van verlede seisoen uit die Promosieliga gerelegeer is.
Die ervare veelsydige sportman Jaques Thyse staan vanjaar aan die stuur van die span, terwyl die voormalige topkolwer Devoroh Roberts as speler-afrigter betrokke is.
Roberts het voor die wedstryd sy vertroue uitgespreek dat United die nuwe seisoen op ’n positiewe noot kan begin en met ’n oorwinning huis toe sal terugkeer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’