Update
MELKHOUTFONTEIN NUUS - Daar is hopelik 'n einde aan die voortslepende skoolbussage in sig.
Tydens 'n vergadering wat Dinsdagaand 17 Maart by Melkhoutfontein Primêre skool met alle belanghebbende partye gehou is, is konkrete planne vir 'n tweede bussie op die skoolroete vanaf Rietvlei aanvaar.
Volgens ingeligte bronne het die kontrakteur, Lionel Fortuin van George, onderneem om 'n voertuig wat net tussen die Blikhuis-omgewing en Melkhoutfontein sal ry, beskikbaar te hê wanneer skole in April heropen. Dit sal 'n ouer bus wees wat tydelik diens sal doen terwyl Fortuin op die padwaardigheidsertifikaat van 'n nuwe voertuig wag wat die roete voltyds sal bedien.
Leerders van die skool wat in Blikhuis woon is sedert die begin van die skooljaar elke oggend al voor 06:00 by die skool afgelaai en middae eers teen 15:30 opgelaai omdat dieselfde bus ook Riversdal toe moes ry.
Vorige artikels:
- Nog 'n bus in die voortuitsig
- Skoolbus skep steeds probleme
- Busdiens bly tameletjie
- Bus-sage sleep voort
- Busdienste vir leerders in die spervuur
- Busdiens vir Melkies-leerders krap
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'