MELKHOUTFONTEIN NUUS - Ouers is steeds sedert die begin van die skooljaar ongelukkig oor die busdiens wat hul kinders van die Blikhuis-omgewing na Melkhoutfontein Primêre skool vervoer.
Die roete strek van dié dorp tot in Riversdal en veroorsaak dat die Melkhoutfontein-kinders baie vroeg afgelaai en weer laat in die middae opgelaai word.
Volgens die WKOD het die buskontrakteur beloof om ’n tweede bussie in bedryf te stel, maar die voertuig is nog nie padwaardig nie.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'