Gallery Video
RIVERSDAL NUUSFLITS EN VIDEO - ’n ’Tag’ rugbydag was Saterdag 8 September deur die SWD Rugby ontwikkelingsraad in Hessequa vir die Kannaland-streek op die rugbyveld agter die steg aangebied.
Dit is ’n pret aktiwiteit wat deur ARB World Rugby begin was om meisies en seuns saam op ’n rugbyveld te kry, sê Bennie Jantjies.
Nege skole was uitgenooi, waarvan vyf deelgeneem het: Voorwaarts, Panorama, Melkhoutfontein, Amalien Steyn en Slangrivier.
Die wenners gaan op Vrydag 28 September aan die eindronde in George deelneem.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'