RIVERSDAL NUUS - Die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) Riversdal hou vandag, Saterdag 24 Oktober, sy jaarlikse basaar by die Riversdal-skougronde.
Die basaar begin om 08:30 en duur tot 14:30. Inwoners van Riversdal en omliggende dorpe word genooi om die geleentheid te ondersteun en saam die gesellige basaaratmosfeer te geniet.
Die jaarlikse basaar bied aan gemeentelede en die gemeenskap die geleentheid om saam te kuier en die kerk se fondsinsamelingspoging te ondersteun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’