Daar is opwindende rugby gespeel in hul eerste wedstryd teen Boland. Hierdie span bestaan uit spelers van verskillende skole, waaronder drie spelers van Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skool.
Bennie Jantjies van Riversdal is een van die afrigters. Jantjies het ook hierdie jaar uitgedraf vir die SWD o.21 span.
Die ander afrigter van die span is R Lameley en die spanbestuurder is B Hendricks van George.

Die spelers van Riversdal wat deel uitmaak van die SWD o.19 span staan in die agterste ry - M Daniëls (tweede), A Busch (sewende) en D Plaatjies (12de). B Jantjies, (afrigter) sit in die middel voor en R Lameley, (afrigter) sit negende. Die spanbestuurder, B Hendricks sit vyfde.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'