Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Riversdal Blues het die Mosselbaaiers Saterdag 30 Junie in ’n harde SWD Presidentliga-wedstryd 31-10 op Riverville gewen.
Mosselbaai Dorp, wat vir hulle aggressiewe spel bekend is, het hulle lelik teen die jong Bloues vasgeloop.
Bennie Jantjies was rotsvas op verdediging en moes die besoekers keer vir al wat hul werd was.
Jaco Arendse van Blues het weer uitgeblink.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'