RIVERSDAL RUGBY-NUUS - Riversdal Blues het die Mosselbaaiers Saterdag 18 Augustus in 'n SWD President-kwarteindronde naelskraap met 24-23 op Riverville gewen.
Die tuisspan het dus op hul tuisveld die Baaiers van 'n halfeindronde beroof.
Tydens 'n harde wedstryd, vir beide spanne het die voor en agterspelers mekaar behoorlik die stryd aangesê. Harde duikslae en pragtige hardlooprugby is van beide spanne gesien.
Blues het drie drieë by die telbord gevoeg. Die senter van Blues, Claud Jantjies, is een van die spelers wat die skare op hul voete gehad het, sodra hy aan die bal geraak het. Jantjies het deur Mosselbaai se verdediging gebreek en die eerste drie vir sy span gedruk.
Die tuisspan se voorspelers se verdediging het besoekers toegelaat om ook drie drieë te druk. Mathy Fielies was weer homself saam met die ysterman Bennie Jantjies. Hulle het rotsvas verdedig en was gevaarlik met bal in hand.
Jantjies, Andrew Jacobs en Niel Jafta het elk een drie gedruk. Wilbur Januarie het die skopwerk vir die dag gedoen.
Blues speel Saterdag in 'n halfeindstryd teen George in George. Harde werk wag op die afrigters van Blues.
Claud Jantjies, senter, druk hier sy span se eerste drie. Foto’s Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'