RIVERSDAL NUUS - Verteenwoordigers van die Vryetuiniers uit Riversdal, Mosselbaai, Groot-Brakrivier, Somerset-Oos, Beaufort-Wes, Stellenbosch, Caledon en Kaapstad het die afgelope week in Riversdal vergader vir ’n belangrike streekaangeleentheid.
Tydens die sitting is br. Bennie Jantjies weer as streekverteenwoordiger aangewys en formeel ingesweer.
Die Groot Losie het Jantjies bedank vir sy toegewyde diens en volgehoue betrokkenheid by die organisasie.
Nuwe lede wat vir diens aangewys is, sluit in: Pieteie Peterson, Johannes Jacobs, Jakob Taute, Charles Francies, John Daniels en Mathewis Hendriks.
Die organisasie verwelkom hulle met groot waardering en sien uit na ’n vrugbare termyn saam.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’