HEIDELBERG NUUS - Twee vroue wat na bewering 'n bejaarde paar in Februarie vanjaar vermoor het, het Dinsdag 8 Oktober weer vlugtig in die hof verskyn.
Sabina Hartnick (54) en haar dogter Annemarie Skietekat (31) staan tereg op die moord op George (Jors) Michaels (62) en Elizabeth (Elie) Rudolph (64).
Hulle is gedurende die nag van 15 en 16 Februarie in Michaels se huis in Diepkloof vermoor. Die voorval word as die 'wreedste moord ooit in die dorp' beskou.
Die saak is tot Maandag 21 Oktober uitgestel. Die twee vroue, wat albei vorige oortredings het, bly in aanhouding.
Lees vorige artikels hier:
- Ma en dogter weer in hof oor grumoord
- Moordsaak uitgestel
- Bejaarde-moord: Ma en dogter kom voor
- Twee bejaardes is koelbloedig vermoor
- Twee bejaardes vermoor
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'