Update
ALBERTINIA NUUS - Die man wat teregstaan op aanklag van moord op twee onskuldige jong dogters, het weer op Donderdag 2 Maart vlugtig hier in die plaaslike landdroshof verskyn.
Timothy Michael Ova (53), voorheen van Kaapstad, word daarvan beskuldig dat hy Sharon Arries en Jacorene Vaaltyn, destyds albei nege jaar oud, glo wreed vermoor het.
Hulle lyke is in sy sinkhok gevind nadat hulle Woensdagmiddag, 21 September 2022, vermis geraak het. Hulle was glo op pad na 'n huiswinkel nadat Sharon se biologiese ouers vir hulle geld gegee het om iets te gaan koop.
Hulle was leerders van Oker Primêr.
Die saak is tot Donderdag 23 Maart in die Albertinia-landdroshof uitgestel om 'n datum vir die rondgaande hooggeregshof te verkry. Ova bly in aanhouding.
Vorige artikels:
- Moordverdagte verskyn weer in hof
- Moorde ruk Albertinia
- Verdagte bly in aanhouding
- Vermeende moordenaar was normaal
- Albertinier-inwoners ruk op na hof
- Albertinia-kindermoorde: Saak uitgestel
- Man in hof na meisies se dood
- Verdagte vas na moord op kinders
- Nege- en tienjarige weens versmoring dood
- Ligame van nege- en tien-jarige meisies gevind
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’