ALBERTINIA NUUS - 'n Drie-en-vyftig-jarige man wat op Vrydag, 23 September by Albertinia in hegtenis geneem is in verband met die moord op Jacorene Vaaltyn (10) en Sharon Arries (9) van Albertinia, het Donderdag in die Albertinia-landdroshof vir 'n formele borgtogaansoek verskyn.
Die verdagte, Timothy Michael Ova, het aangedui dat hy nie om borgtog wil aansoek doen nie.
Die twee liggame van die meisies is op Donderdag 22 September by Ova se woning in Jan Fiskaalstraat op Albertinia ontdek. 'n Nadoodse ondersoek het bevestig dat die slagoffers versmoor is.
Die saak is uitgestel na 3 November en sal in die rondgaande hooggeregshof aangehoor word.
Besonderhede van die nadoodse ondersoekverslag en of die twee meisies gelyktydig dood is, is nog nie bekend gemaak nie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'