Update
ALBERTINIA NUUS - Die verdagte wat teregstaan op aanklag van moord op twee onskuldige dogtertjies, het op Donderdag 2 Februarie vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.
Timothy Michael Ova (53) word daarvan beskuldig dat hy Sharon Arries en Jacorene Vaaltyn, albei nege jaar oud, wreed vermoor het nadat dié twee kleuters se lyke in sy hok gevind is.
Hulle het op Woensdagmiddag, 21 September 2022, vermis geraak nadat hulle op pad was na 'n huiswinkel toe.
Albei was leerders aan Oker Primêr, onderskeidelik in gr. 1 en gr. 3.
Die saak is tot Donderdag 2 Maart in die Albertinia-landdroshof uitgestel om 'n datum te kry vir die beskuldigde om in die rondgaande hooggeregshof te verskyn.
Ova bly in aanhouding in George.
Vorige artikels:
- Moorde ruk Albertinia
- Verdagte bly in aanhouding
- Vermeende moordenaar was normaal
- Albertinier-inwoners ruk op na hof
- Albertinia-kindermoorde: Saak uitgestel
- Man in hof na meisies se dood
- Verdagte vas na moord op kinders
- Nege- en tienjarige weens versmoring dood
- Ligame van nege- en tien-jarige meisies gevind
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'