Update
ALBERTINIA NUUS - Dit is reeds amper vier maande na 'n boerboelteef se skietdood, maar geen besluit is nog gemaak of 'n Albertinia-boer daarvoor aanspreeklik gehou gaan word, al dan nie.
Die dossier is volgens die plaaslike polisie se stasiebevelvoerder, kapt Susan Botha, steeds in besit van die Albertinia-landdroshof.
Die voorval het op 15 Januarie naby die boer se eiendom langs die Theronsville-woongebied buite die dorp plaasgevind.
Die dag na die boerboelteef se skietdood het die eienaars, Shahistah en Algerno Ada gesê Nikiwe was baie vredeliewend en het ten tye van die voorval oudergewoonte agter die nabygeleë brandweereenheid se brandbestryders gedraf.
Nikiwe is in 'n nabygeleë veld dood aangetref na twee skote deur die gemeenskap gehoor is. Dit is onbekend of Nikiwe wel op die boer se grond was toe sy gekwes en die doodskoot buite sy grond toegedien is.
Die boer het aan die eienaars van die hond aangevoer dat hy sy vee en wild beskerm. Hy sou glo aan Algerno erken het dat hy honde skiet wat 'n bedreiging vir sy diere inhou.
Vorige artikels:
- Steeds geen uitsluitsel
- Om boer te vervolg of nie
- Saak van hond nog onbeslis
- Boer se lot is in die weegskaal
- Aanklaer beslis oor hond se skietdood
- Honde in boer se visier
- Polisie ondersoek hond se skietdood
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'