Update
ALBERTINIA NUUS - Daar kon nog nie hond haar-af gemaak word met die moontlike vervolging van 'n Albertina-boer na die skietdood van 'n hond nie.
Die voorval het op Vrydag, 15 Januarie naby sy eiendom langs die Theronsville-woongebied buite die dorp plaasgevind.
Meer as 'n maand na die voorval is die dossier steeds in die besit van die Alberinia-landdroshof.
Die dag na die boerboelteef, Nikiwe, se skietdood het die eienaars, Shahistah en Algerno Ada gesê Nikiwe was baie vredeliewend en het ten tye van die voorval oudergewoonte agter die nabygeleë brandweereenheid se brandbestryders gedraf.
Nikiwe is in 'n nabygeleë veld dood aangetref na twee skote deur die gemeenskap gehoor is. Dit is onbekend of Nikiwe wel op die boer se grond was toe sy gekwes en die doodskoot buite sy grond toegedien is.
Die boer het aan die eienaars van die hond aangevoer dat hy sy vee en wild beskerm. Hy sou glo aan Algerno erken het dat hy honde skiet wat 'n bedreiging vir sy diere inhou. "Mense moet sorg dat hulle honde by hulle huise bly. Het jy al gesien hoe dit lyk as 26 van jou skape vrek lê?" het hy na bewering aan Algerno gevra.
Vorige artikels:
- Saak van hond nog onbeslis
- Boer se lot is in die weegskaal
- Aanklaer beslis oor hond se skietdood
- Honde in boer se visier
- Polisie ondersoek hond se skietdood
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'