RIVERSDAL NUUS - Inskrywings vir die Ratem-eisteddfod sluit op 10 Junie. Vanjaar sal dit van 26 tot 29 Augustus geskied.
’n Spesiale uitnodiging word aan alle tuisonderrig- en privaat leerders gerig, wat nie deur ’n skool of instansie kan inskryf nie en tog belangstel om aan dié kultuurgeleentheid deel te neem.
Daar is verskillende afdelings om voor in te skryf soos voordrag, musiek, kuns en skryfkuns.
Volledige inligting is beskikbaar by Nieuscript boekwinkel op Riversdal.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'