GOURITSMOND NUUS - Anton Bredell, Wes-Kaap minister van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het einde April gelas dat die moontlike voorkoms van vleilande in die gebied waar Aqunion ’n perlemoenfabriek beoog, ondersoek moet word.
Denis Joseph, die DA se parlementsverteenwoordiger vir Hessequa, het na ’n vergadering met inwoners gesê die fabriek kan werkgeleenthede skep, maar enige ontwikkeling moet omgewingsvriendelik wees.
Frik Mouton van Aqunion het bevestig dat Bredell versoek het dat ’n vleilandstudie in aanvulling tot die ‘Basic Assessment’, en nie ’n volledige omgewingsimpakstudie nie, gedoen moet word weens die aard van die appèlle en die gepaardgaande amptelike proses.
Hy beklemtoon ook dat dit ’n perlemoenplaas is, en nie ’n perlemoenfabriek nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Lees verwante artikels hier:
- Update: Aqunion insist there are no wetlands
- Aqunion insist there are no wetlands
- Fabriek se impak kwel inwoners
- Vleiland op terrein kan fabriek kelder
- Vleiland kan perlemoenfabriek stuit
- Gourits appeleer teen perlemoenfabriek
- Perlemoenplaas-sage duur voort
- Perlemoenplaas steeds in spervuur
- Perlemoenplaas: 'n Moontlikheid vir Gourits
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'