GOURITSMOND NUUS - Die beplande ontwikkeling van ’n perlemoenplaas op gedeelte 6 van die plaas 453 op Gouritsmond laat steeds ’n bitter smaak in inwoners se mond.
Die aansoek is op 21 Januarie deur die Wes-Kaapse regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning (DEA & DP) goedgekeur.
In ’n telefoniese gesprek met Org Niewoudt, voorsitter van Gourits-sambreelliggaam, het hy aan Suid-Kaap Forum genoem dat hulle sekerlik teen die goedgekeurde aansoek sal appelleer.
Die besware spruit uit die feit dat die ontwikkeling in ’n té sensetiewe gebied langs die Gouriqua-natuurreservaat is.
“Dis die grootste privaat natuurreservaat aan die een kant en die Gouritsriviermonding (Gourits River Estuary) net 10 km seelangs aan die anderkant.”
Hy beklemtoon dat 99% van die gemeenskap teen die goedgekeurde ontwikkeling is, daarom het hulle geen ander keuse as om dit teë te staan nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuuste Gouritsmond, Hessequa nuus'