GOURITSMOND NUUS - ’n Natuurlike vlei in die gebied waar Aqunion ’n perlemoenfabriek wil opsit kan dié planne stuit.
Volgens Org Nieuwoudt, voorsitter van die Gourits-sambreelorganisasie wat namens vier gemeenskapsorganisasies optree, het die onderneming nie dié vlei in die aansoek wat aan die Wes-Kaap departement van omgewingsake voorgelê is, genoem nie.
Die departement het reeds die fabriek goedgekeur, maar sal nou moet heroorweeg indien deskundiges bevind dat die vlei in die slag kan bly.
Vleilande moet volgens nasionale en internasionale riglyne bestuur word.
Lees vorige artikels hier:
- Gourits appeleer teen perlemoenfabriek
- Perlemoenplaas-sage duur voort
- Perlemoenplaas steeds in spervuur
- Perlemoenplaas: 'n Moontlikheid vir Gourits
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'