HEIDELBERG NUUS - Die saak teen die ma en dogter wat na bewering 'n bejaarde paar vermoor het is vir die soveelste keer uitgestel.
Sabina Hartnick (54) en haar dogter Annemarie Skietekat (31) het George Michaels (62) en Elizabeth Rudolph (64) die nag van 15 en 16 Februarie verlede jaar in eersgenoemde se huis in Diepkloof met 'n skerp voorwerp toegetakel.
Dit word as een van die wreedste moorde wat nog in die dorp gepleeg is beskou.
Die saak is Dinsdag 14 Januarie na Dinsdag 4 Februarie uitgestel. Hopelik sal die DNS-verslag dan beskikbaar wees.
Lees vorige artikels hier:
- Ma en dogter wag vir DNS-uitslae
- Ma en dogter weer in hof
- Ma en dogter weer in hof oor grumoord
- Moordsaak uitgestel
- Bejaarde-moord: Ma en dogter kom voor
- Twee bejaardes is koelbloedig vermoor
- Twee bejaardes vermoor
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'