RIVERSDAL NUUS - Delycia Witbooi (55), skoolhoof van Laerskool Panorama in Riversdal, is op Saterdag, 2 Julie in die MediClinic George ná ‘n beroerte oorlede. Sy was ses maande in dié pos, maar het ‘n skoolloopbaan van 32 jaar agter die rug.
Delycia het diep spore in die onderwys getrap en het veral groot aansien geniet in netbalkringe in die SWD en die Wes-Kaap waar sy in verskeie bestuurposisies gedien het.
Op die terrein van skool- en kerkkore het sy ook haar stempel deeglik afgedruk Haar skoolkoor het op plaaslike en nasionale vlak verskeie kompetisies gewen. Sy het self aan die Eisteddfod deelgeneem en goed gepresteer.
Delycia was getroud met Patrick Witbooi, skoolhoof van Hoërskool Gerrit du Plessis in Riversdal, en hulle het ‘n seun, Dean, en kleinseun, Lucadine Patrick. Hulle was haar passie.
Die begrafnis is op Saterdag, 9 Julie om 10:00 uit die VGK-kerk in Riversdal.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'