Die verskeie instansies van die kerk, onder meer die brigade, kerkkoor, moedersunie en Sondagskool, het aan die uitreikaksie deelgeneem.
Die brigade het 'n optog vanaf die kerk tot in die verskeie wyke begelei. Volgens Bennie Jantjies, kerkraadslid, reik hulle elke jaar uit na die mees kwesbaarste inwoners van die dorp.
Die aksie dien ook as voorbereiding vir Palm Sondag waar elke gemeentelid teenwoordig 'n palmkruisie ontvang as nagedagtenis van die kruisiging van Jesus Christus.

Douglas Prins en Almarie Daries, gemeentelede van die St. Andrews Anglikaanse kerk, was deel van die groep gemeentelede wat waardevolle skenkings aan behoeftiges van die dorp uitgedeel het. Hier staan hulle by Hendrik en Rosina Jantjies wat 'n welkome pak klere ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'