RIVERSDAL NUUS - Dit is weer tyd vir Ratem-Eisteddfod - dié kultuurfees waar jong plaaslike talent ten toon gestel word.
Die kultuurfees vind van 28 tot 31 Augustus plaas. Die beoordelaars is Adri van Wyk (musiek) en die drama-afdeling sal deur Maretha Marais beoordeel word. Beide is van Stellenbosch afkomstig.
Dit is 'n propvol program wat niemand sal teleurstel nie. Belangstellendes word uitgenooi om van Maandag tot Donderdag - vanaf 11:00 na die drama-afdeling van die kompetisie by Laerskool Volschenk te gaan kyk. Op die program is voordrag, drama, monoloë, dialoë, spreekkore en eenbedrywe.
Die musiekafdeling is oop vanaf 12:00 elke dag in die burgersentrum. "Die optredes van die skoolkore is altyd 'n hoogtepunt van die kunstefees en u kan Dinsdag na die grondslagfase en senior primêre kore en Woensdag na die hoërskoolkore kom luister," sê Tess van Wyk.
Die inskrywings vir die kunsafdeling van die kompetisie sal by Paddavlei-restaurant uitgestal word waar die publiek welkom is om dit te gaan besigtig. Die publiek kan die volledige program by Nieu-Script kry om die jong talent te ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'