HEIDELBERG NUUS - Heidelberg het Sondag 30 Augustus ’n middag van sang en musiek beleef wat deur die Young Royal Shepherds Kersfeeskoor (YRS) aangebied is.
Nagenoeg 200 musiekliefhebbers, onder andere van Kaapstad, het die geleentheid bygewoon.
Die program het optredes deur die Riversdal Uitvoerende Kunste (RUK), die plaaslike Nuwe Apostoliese Kerkkoor en -orkes, asook verskeie soliste en musikante ingesluit.
Onder hulle was Caitlyn Mduma, Gilmare Roberts, Elmarie Jegels, Raoul Moolman, Zandré Alexander en Marthanique Pick.
Juandré September was die programdirekteur, terwyl vader Chassley Fredericks, herder van St. Barnabas Anglikaanse Kerk, die verrigtinge geopen het. Eerw. Morgan Jacobs van JF Neumann Memorial Congregational Church het die Skriflesing uit Psalm 33:2-4 behartig.
Richard Meyer, YRS-president, het die aanwesiges verwelkom en Jason Pieters, YRS-voorsitter, het hulle vir hul ondersteuning bedank.
Die gehoor is met verskeie geestelike liedere en musiekstukke vermaak. Mduma se weergawe van I Surrender All, begelei deur YRS, het ’n staande ovasie ontlok.
Die middag is afgesluit met Abide With Me deur YRS en RUK.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’