Gallery Update
RIVERSDAL SPORTNUUS - Frans Blaauw en Fritz Kriel het die afgelope Saterdag, 23 Januarie die Riversdal-rolbalklub se tweespel sosiale kompetisie gewen.
Spelers het oor 14 koppe meegeding.
Blaauw en Kriel het met 'n 8 punt oorwinning die meeste punte aangeteken.
Hulle is elk met 'n koopbewys van Riversdal SuperSpar beloon.
Fotogalery: Riversdal rolbalklub sosiale kompetisie
Na spel is die klub se algemene jaarvergadering gehou. Veronica Enright is as die klub se nuwe president verkies.
Die uittredende president, Frans Blaauw het in sy laaste presidentsrede met die klub se groei van 10 na 38 lede tydens die Covid-19-pandemie gespog. Die klub se nuwe kleredrag en die feit dat alle lede by Rolbal SA geaffilieer is, is deur Blaauw as 'n hoogtepunt beskryf. Hy het beklemtoon dat die klub se grondwet nie té regied moet wees en sodoende jong aspirante spelers uitsluit nie.
Enright het lede meegedeel dat die klub beplan om in die toekoms deur middel van Suid-Kaap Forum, sosiale media en mondelings met leerders en onderwysers te kommunikeer om hul by die rolbalomgewing betrokke te kry.
Vorige artikel: Rolbalklub kry nuwe president
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'