HESSEQUA NUUS - Die Burgemeesters ses-’n-kant kriekettoernooi is amptelik deur die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles geopen deur die eerste bal op Maandag 1 Oktober te boul.
Die finale spanne sal op 26 Oktober teen mekaar te staan kom.
Die doel van hierdie toernooi is om die gemeenskap te dien, ontspanning te bied, bewusmaking van kanker, sportdeelname, vriendskappe te smee en te bou, asook goeie sportmangees te kweek.
“Ons dank gaan aan almal wat ’n bydrae gemaak het tot die sukses van hierdie toernooi, in besonder mnre. Abrahams en Moses, en natuurlik almal wat so hard agter die skerms gewerk het. Ons dank gaan ook uit aan al die spanne wat hul weg oopgesien het om te registreer sodat hulle ook ’n ses vir kanker kan slaan,” het Riddles gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'