WITSAND NUUS - Die NSRI stasies van Witsand, Stilbaai en Agulhas het vroeg Saterdagoggend, 6 September, op 'n noodoproep gereageer toe ooggetuies 'n skiboot in die mond van die Breederivier by Witsand sien omslaan het.
Vier mense, 'n pa (52), sy twee dogters (17 en 14) van Robertson, asook 'n vriend (35) was op pad uit toe die boot in die riviermond omslaan.
Die NSRI van al drie stasies sowel as die polisie en nooddiens het gereageer.
'n Plaaslike vissersboot met NSRI-lede aan boord sowel as 'n plaasliike vasteromp-opblaasboot, die Jolly Rodger, met gesinsvriende aan boord het ook tot die redding toegetree. Al vier mense is uit die water gehaal, maar die pa was alreeds bewusteloos.
By die NSRI-stasie is dadelik kunsmatige asemhaling toegepas, maar dit was ongelukkig te laat en die pa is oorlede. Die vriend en dogters was ongedeerd.
Die skiboot is herwin en die bemanning van die Jolly Rodger is geprys vir hulle vinnige optrede en reddingsdaad.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’