RIVERSDAL NUUS - Suid-Kaap Forum het vandag hul “Best of Hessequa Readers’ Choice 2025 Winners”-seremonie by De Doornkraal Vinotel in Riversdal aangebied, waar die streek se topbesighede erkenning ontvang het.
Ongeveer 60 trotse besigheidseienaars het die geleentheid bygewoon.
Hulle is met sertifikate vereer en het die kans gekry om in ‘n feestelike atmosfeer met ‘n glasie vonkelwyn saam te kuier.
Die toekennings is gebaseer op lesers se stemme en beklemtoon die waardering en ondersteuning van die gemeenskap aan plaaslike ondernemings.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’