SLANGRIVIER NUUS - Arrows-rugbyklub se pyle is Saterdag stomp afgesaag deur Black Birds van Van Wyksdorp, net buite Ladismith, toe die besoekers van die Klein-Karoo hulle met 22 - 8 op hul eie tuisveld geklop het.
Dit, nadat Black Birds rustyd met 15 - 8 voorgeloop het in hul SWDRU Eersteliga-Wes-wedstryd.
Met die bonuspuntsege het die besoekers hul plek in die halfeindronde van die liga verseker.
Die tuisspan sal moet fokus op die 2026-seisoen, aangesien dit hul laaste wedstryd van die huidige seisoen was.
Black Birds het nog een wedstryd teen die voorlopers, Bitou-rugbyklub. Hulle sal alles in die stryd werp om te wen en ’n tuis-halfeindronde te verseker.
In die wedstryd van die tweede spanne het die besoekers ook met 10 - 7 gewen, nadat hulle rustyd met 5 - 0 voorgeloop het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’