Breaking News
ALBERTINIA NUUS - ‘n Ongeluk tussen ‘n sedan en ‘n bakkie het vanmiddag, 9 September, op die N2 naby die Dekrietafdraai, plaasgevind.
Volgens ooggetuies is niemand ernstig beseer nie, maar die voorval het tot ‘n kort verkeersopeenhoping gelei.
Nooddienswerkers en plaaslike polisie is op die toneel en het die pad beveilig terwyl die voertuie verwyder word.
Motoriste wat dié roete gebruik, word gemaan om geduldig en versigtig te wees, terwyl opruimingswerk voortgaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’