ALBERTINIA NUUS - Die veldbrand wat die afgelope paar dae buite Albertinia in die rigting van Hectorskraal gewoed het, is Maandagmiddag, 1 September, geblus.
Brandbestryders van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit en die grondspanne van Working on Fire het hulle opruimingswerk voltooi en het Maandagnag die situasie gemonitor.
Dit is uiters belangrik om so gou as moontlik 'n brand te rapporteer sodat die brandspanne dit kan bestry voordat dit handuit ruk.
Rapporteer 'n brand by die Tuinroete-distriksmunisipaliteit se noodsentrum by 044 805 5071 of Whatsapp by 081 709 5193.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’