SLANGRIVIER NUUS - ’n Soektog na ’n 41-jarige man van die Onderrivier-buurt het Maandagoggend ’n tragiese einde gehad toe sy liggaam in ’n varkhok gevind is.
Die man is Sondagmiddag as vermis aangemeld, waarna die plaaslike polisie, saam met inwoners, ’n intensiewe soektog van stapel gestuur het.
Volgens die polisie is daar geen aanduidings van gemene spel nie, maar die presiese oorsaak van dood word ondersoek.
Op sosiale media is die oorledene as ’n stil, maar vreugdevolle persoon beskryf wat altyd sy medemens met ’n glimlag begroet het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’