RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale se 560kg A-span het tydens die Wêreld Toutrek-kampioenskappe van 4 tot 7 September by Nottingham Universiteit, Engeland, vir die vierde agtereenvolgende jaar as wêreldkampioene gekroon.
Die span, onder leiding van afrigter Piet Lourens, het met ’n skitterende vertoning deurgetrek en al hul teenstanders oortuigend uitgeklop. In die eindstryd het hulle die Chinese Taipei-span met 2 - 0 geklop.
Met dié prestasie bevestig die Oakdale Bulle weer hul status as wêreldleiers in die 560kg-afdeling.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’