HEIDELBERG NUUS - Heidelberg Rugbyklub het Saterdag vir die tweede keer vanjaar die veeltalige kampioene, Crusaders van George, ore aangesit - dié keer met ’n rekordsege van 97 - 21 in hul SWDRU Superliga A Top 8-wedstryd.
Die besoekers het reeds met ’n gemaklike 38 - 7 voorsprong by rustyd ingegaan en uiteindelik 15 keer agter die tuisspan se doellyn gaan kuier, terwyl Crusaders net drie keer kon antwoord.
Heibi se ander spanne het ook hul stempel afgedruk.
Die C-span het met 33 - 20 gewen nadat hulle rustyd 21 - 6 voorgeloop het, en die B-span het met 45 - 5 oorheers ná ’n rustydtelling van 19 - 5.
Met dié oorwinning bou Heidelberg waardevolle momentum op, maar die klub weet dat hul laaste ligawedstryd tuis teen Bridgton van Oudtshoorn komende Saterdag geen maklike stryd sal wees nie.
“Ons kan dit eenvoudig nie bekostig om Bridgton van die volstruishoofstad te onderskat nie,” lui dit uit die kamp van Heibi.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’