STILBAAI NUUS - Die plaaslike speurtak in Stilbaai ondersoek 'n voorval waarin 'n 22-jarige man in die oggendure van Sondag 7 September met 'n mes gesteek is en in die Riversdal-hospitaal aan sy wonde beswyk het.
Volgens ao. Morné D'Emiljo, sigbare polisiëringshoof van Stilbaai-polisie het die voorval in Harmonypark Noord, die informele nedersetting in Melkhoutfontein plaasgevind.
Die oorsaak van die moord is tans onbekend. Die ondersoek duur voort.
Volgens die inwoners van Melkhoutfontein is die informele nedersetting 'n onheilsnes en hulle voel nie meer veilig as die son sak nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’