HEIDELBERG NUUS - ’n Onbekende man het vroeg vanoggend tragies gesterf toe hy vermoedelik deur ’n voertuig op die R322 Witsandpad getref is.
Digte mis het die sigbaarheid in die area bemoeilik.
Volgens konst. Keeno Fredericks, plaaslike polisiewoordvoerder, is die presiese omstandighede rondom die voorval nog onduidelik.
Die polisie is kort voor 07:00 vanoggend van die voorval in kennis gestel en het onmiddellik gereageer.
Die slagoffer se identiteit is nog onbekend, maar dit word vermoed dat hy ’n voetganger was.
Die ondersoek duur voort.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’