RIVERSDAL NUUS - Die Hessequa 6-a-Side-krietektoernooi staan einde se kant toe.
Wedstryde in die halfeindronde word Woensdag 26 en Donderdag 27 Februarie in die Riverville-stadion gespeel.
Die verloorders in hierdie rondes speel Vrydag 28 Februarie om 18:00 vir die derde en vierde plekke, terwyl die wenners Sondag 1 Maart om 13:00 in die eindronde om die eerste en tweede plekke meeding.
"Die organiseerders bedank die borge en al die spanne wat in goeie sportmangees aan ons toernooi deelgeneem het," sê Cynrol Saayman, organiseerder.
Spanne
Mans A-afdeling
- Offenders teen Ha!Qua Bulldogs
- Wu Tang Clan teen Unknown Heavies
Mans B-afdeling
- All Stars teen Ou Tone
- Strike Force B teen B4L
Mans C-afdeling
- Mengbakke teen Spar Untouchables
- SA Travel teen Progress United
Vroue-afdeling
- Blue Thunder teen Ha!Qua Flowers
- Overcomers teen Epic Queens
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'