HESSEQUA KRIEKET NUUS EN VIDEO - Die eerste spanne in die Hessequa 6-a-side-kriekettoernooi het mekaar Sondag 2 Februarie in die Riverville-stadion die stryd aangesê.
Veertig spanne, wat agt damespanne insluit het vir dié 24ste toernooi ingeskryf.
Volgens Marvin Kortjé, lid van Riversdal-krieketklub en een van die skeidsregters vir die toernooi, is die meeste spelers wat speel amateurs wat vir die liefde van die spel deelneem.
Mochelle May, lid van Riversdal se dameskrieketspan en spanbestuurder van die SWD o.19-span, is lid van die Overcomers-span wat ook ingeskryf het. Sy tree ook op as een ons die toernooi se skeidregters.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'