Update
RIVERSDAL NUUS - John Pietersen (Tokka) wat op 8 Maart vanjaar op verskeie aanklagte gearresteer is, het op 25 Junie aansoek om borgtog in die plaaslike hof gedoen.
Die staat het egter beswaar gemaak teen 'n verklaring wat deur die verdediging ingehandig is.
Volgens die landdros het dit nie aan regsvoorskrifte voldoen nie en is die saak tot Woensdag 4 Julie uitgestel vir die voortduur van die aansoek.
Pietersen staan tereg op aanklagte van handeldryf in dwelms, poging tot handeldryf in dwelms, regsverydeling, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'