RIVERSDAL NUUSFLITS - Een van die mees invloedryke middelfigure van ’n dwelmnetwerk is Donderdag 8 Maart by sy woning gearresteer.
John Pietersen, beter as ‘Tokka’ bekend het die volgende dag in die hof op Stilbaai verskyn.
Hy staan tereg op klagtes wat strek van handeldryf in dwelms, poging tot handeldryf in dwelms, regsverydeling, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Ricardo Sefoor en Danyl-Jo Gelderblom is saam met hom gearresteer en word aangekla vir handeldryf in dwelms.
Hierdie ondersoek was geloods deur sers. JM Spangenberg en konstabel Christiaan Zwiegelaar.
Dit het gelei tot die inhegtenisneming van verskeie bende geaffilieerdes betrokke by dié netwerk. Dit was blykbaar bedryf vanaf Tokka se huis.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'