RIVERSDAL NUUS - John Pietersen, beter bekend as Tokka (28's bendelid) het weer Maandag 18 Junie vlugtig in die plaaslike hof verskyn.
Die saak is uitgestel tot Maandag 25 Junie vir 'n borgtogaansoek. 'n Gespesialiseerde taakspan het Donderdag 8 Maart op die woning van toegeslaan en hom gearresteer.
Hy staan tereg op aanklagte wat strek vanaf handeldryf in dwelms, poging tot handeldryf in dwelms, regsverydeling, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Hierdie deeglike en tydsame ondersoek is deur sers. JM Spangenberg en konst. Christiaan Zwiegelaar van stapel gestuur.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'