STILBAAI NUUS - Die vyf verdagtes wat aangekla word van die moord op Heila Kilian op 16 April 2018, het Woensdag 24 April vlugtig in die landroshof verskyn.
Kilian (63) is die aand doodgeskiet terwyl sy, haar suster Brenda Thomas, haar man David en ’n vriend, Shaun Vorster, op die Thomas-egpaar se kleinhoewe buite Stilbaai gebraai het.
Die vyf verdagtes se regshulpverteenwoordiger het tydens die vorige verskyning op 18 Maart aangedui dat hul borgaansoek laat vaar word.
Die saak is uitgestel tot 3 Junie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Lees vorige artikels:
- Stilbaai 5 laat borgaansoek vaar
- Moordbeskuldigdes weer in hof
- Stilbaai-Plaasmoord: 4 verdagtes vas
- Opvolg: Vrou sterf in plaasaanval
- Plaasaanval: Gerugte van arrestasies onwaar
- Opvolg: Vrou sterf tydens plaasaanval
- Plaasaanval buite Stilbaai: 1 dood
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'