Update
RIVERSDAL NUUS - Die vyf mans wat van die moord op Heila Kilian op 16 April verlede jaar aangekla word, sal Woensdag 27 Februarie weer in die Riversdal-landdroshof verskyn.
Vier van die beskuldigdes, Sakhumzi Benya, Nkosithethu John Nocuza, Msomi Nikani en Monwabisi Maki het Vrydag 22 Februarie in Stilbaai-landdroshof verskyn.
Die vyfde, wie se naam nog nie bekendgemaak kan word nie, het dieselfde dag in Kaapstad voorgekom vir gewapende roof.
Kilian (63) het by haar suster, Brenda Thomas wat net ’n paar kilometer buite Stilbaai woon, gekuier om na ’n voetoperasie te herstel.
Die familie het die aand buite gebraai toe hulle deur vyf mans oorval en sy raakgeskiet is. Sy is op die toneel dood.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
- Stilbaai-Plaasmoord: 4 verdagtes vas
- Opvolg: Vrou sterf in plaasaanval
- Plaasaanval: Gerugte van arrestasies onwaar
- Opvolg: Vrou sterf tydens plaasaanval
- Plaasaanval buite Stilbaai: 1 dood
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'