Update
STILBAAI NUUS - Die polisie het bevestig dat vier mans wat Vrydag 20 April in Mitchells Plein gearresteer is, blykbaar met die moord op Heila Kilian (63) verbind kan word.
Volgens kaptein FC van Wyk, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap polisie, is die arrestasies ‘n bewys dat daar vordering in die ondersoek gemaak word.
“Die polisie het die mans betrap terwyl hulle ‘n voertuig agter in ‘n erf in Tweedelaan, Tafelsig uitmekaar gehaal het. Twee verdagtes het weggehardloop, maar is in ‘n wit Nissan met registrasienommer CEY 22919 gevang. Tans word hulle by Mitchells Plein-polisie aangehou vir besit van ‘n gesteelde voertuig.”
Nog ‘n voertuig, ‘n silwer Nissan Maxim met registrasienommer CFN 1621 is deur die polisie gekonfiskeer en bestaan die vermoede dat dit ook gesteel is.
Die verdagtes, met ouderdomme 24, 25, 26 en 40 staar ‘n klag van in besit van ‘n gekaapte voertuig. Die saak word deur die provinsiale ondersoek eenheid ondersoek.
Lees vorige artikels:
- Opvolg: Vrou sterf in plaasaanval
- Plaasaanval: Gerugte van arrestasies onwaar
- Opvolg: Vrou sterf tydens plaasaanval
- Plaasaanval buite Stilbaai: 1 dood
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'