Update
STILBAAI NUUS - Gerugte doen die rondte dat verdagtes blykbaar gearresteer is in verband met die plaasmoord en –roof wat Maandagaand 16 April by die Gazania-kwekery plaasgevind het.
63-jarige Heila Killian het gedurende die aanval gesterf.
Volgens die ondersoekbeampte, speursers Ludwig Schnetler, is die gerugte egter onwaar.
“Die vyf mans is nog voortvlugtig en enigiemand wat hulle opmerk, moet die naaste polisiestasie dadelik in kennis stel.”
Die mans is swaar gewapen en die publiek word aangeraai om hulle nie self te probeer konfronteer nie.
Skakel Schnetler by 079 894 1593 of 028 754 6100.
Die bakkie van die eienaar, David Thomas waarin die mans gevlug het, is laat Maandagaand by ‘n vulstasie op Heidelberg opgemerk.
Lees meer in môre se uitgawe van die Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'