Update
STILBAAI NUUS - ‘n 63-jarige vrou, Heila Killian is in gisteraand se plaasaanval buite Stilbaai dood toe vyf gewapende mans haar en drie ander persone oorval het terwyl hulle besig was om te braai.
Dit is volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaap polisiewoordvoerder.
“’n Skoot het afgegaan toe die mans hulle oorval het en die vrou is getref. Sy is op die toneel oorlede. Volgens ons inligting was die verdagtes in oranje oorpakke geklee met balaklawas oor hul gesigte.”
Die mans het met ‘n groot bedrag kontant, asook ‘n versameling jagmesse en wapens met die eienaar se bakkie gevlug.
Hulle is op Heidelberg by ‘n vulstasie op kamera vasgevang toe hulle brandstof ingegooi het.
Meer inligting volg soos die bekend raak.
Lees 'n vorige artikel | Plaasaanval buite Stilbaai: 1 Dood
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'