Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Spannings het vanoggend, Woensdag 20 Augustus buite die Riversdal-landdroshof hoog geloop toe 12 verdagtes in die Vivian Hartnick-moordsaak weer in die hof verskyn het vir borgtogaansoeke.
Volgens ooggetuies het die situasie vinnig handuit geruk toe oproeriges by die hof saamgedrom het.
Die polisie is genoodsaak om skokgranate en selfs ‘n waterkanon in te span om die skare uiteen te dryf en orde te herstel.
Die 12 verdagtes, wat van moord, ontvoering, huisroof, kwaadwillige saakbeskadiging en die besit van gesteelde goedere aangekla word, het kortliks in die hof verskyn.
Die hof het die saak uitgestel tot 17 September, wanneer tien van die beskuldigdes vir borg sal aansoek doen.
Die saak hou verband met die ontvoering en wrede dood van Vivian Hartnick (35), wat op 12 Augustus vermis geraak het en die volgende dag met verskeie steek- en kapwonde op ‘n grondpad buite Riversdal gevind is.
VIDEO: MC du Plessis
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’