RIVERSDAL NUUS - Die jongman wie se liggaam Woensdagmiddag op 'n plaaspad naby die Steg gevind is, se vermeende ontvoerders/moordenaars verskyn môre (Vrydag 15 Augustus) in die Stilbaai-hof.
Die slagoffer is as Vivian Hartnick (35) geidentifiseer.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die Riversdal- polisie 12 verdagtes in verband met die dood van die oorledene in hegtenis geneem.
Daar is ook vier aanklagte, waaronder, huisroof, ontvoering, opsetlike beskadiging van eiendom asook vermoedelike besit van gesteelde goedere wat hulle in die gesig staar.
Die ondersoek duur voort en sal daar later meer inligting verskaf word.
Vorige artikel: Vermiste jongman se liggaam gevind
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’