RIVERSDAL NUUS - Dié dorp is weereens diep geruk nadat 'n jongman van hier se liggaam vroeër vanmiddag langs 'n plaaspad gevind is.
Volgens inligting is Vivian Hartnick (35), gisteraand vanaf hul woning deur vermoedelik onbekende mans ontvoer, nadat hul woning deur die vreemde mans gevandaliseer is.
Daar is nog baie onduidelikheid oor wat presies gebeur het, maar het sy pa, Freddie Hartnick, voormalige Hessequa raadslid, bevestig dat sy liggaam vanmiddag gevind is.
Daar is onbevestigde gerugte wat die rondte doen dat sy dood verband hou met die dood vroeër van 'n jong buitelandse burger.
Die polisie was nie beskikbaar vir kommentaar nie. Suid-Kaap Forum sal die volle berig publiseer sodra meer inligting bekend is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’